Tuesday, February 20, 2007

pa

Waar is my pa? Toe ek gehoor het van sy dood het ek nie onmiddelik hartseer gevoel nie en selfs nie later ‘n diep hartseer ervaar nie. Ek dink dit is omdat ek nie dink en voel oor die dood soos meeste mense nie. Die dood is vir my nie ‘n einde nie, maar ‘n begin van iets - of so sal ek daarvan hou om aan die dood te dink. Die wurm word ‘n mot. Maar watse mot? ‘n Hemelse mot? Helse mot? Gereïnkarneerde mot? ‘n Dooie mot? Ek hou van die idee van reincarnation en nirvana, want dit spits toe op die mens self; jy bepaal jou eie plek in die lewenswiel met jou lewenstyl, dade en denke en niks word bepaal deur ‘n eksterne verhewe wese nie. Noudiedag vertel my broer vir my dat hy by sy lessenaar gesit het en ewe skielik val ‘n buisie lip ice om en rol sonder ‘n wind of iets. Pa, was dit jy? Wil jy vir ons sê dat daar wel iets agter die dood skuil? Vertel ons meer!

Written by The One
Post a Comment