Monday, March 12, 2007

depressie

Wat is depressie? Mense dink dit is net neerslagtige gevoelens, maar dis nie al waaroor dit gaan nie, alhoewel dit die oorheersende aspek van die siekte is. Daar is slaaploosheid, om vroeg in die oggende wakker te word en nie weer te kan slaap nie, swak eetlus, lae libido, lae selfbeeld, erge moegheid, dowwe kop en onvermoë om te konsentreer, swak geheue, nihilisme, selfmoordgedagtes en -drange, drange om jouself af te sonder en te onttrek, geïrriteerdheid, sensitiwiteit, angstigheid, bangheid, hopeloosheid - dit alles is toe te staan aan ‘n tekort aan seratonien in my brein. Medikasie soos Venlor (Venlafaxine 250 mg per dag) help, maar daar kom tye van relapse waarvoor nie eers my psigiater ‘n antwoord het nie. Die pille kos R700 per maand!

Gelukkig staan I aan my sy en help my deur die donker tye. As dit nie vir hom was nie was ek seker al lankal weg. Ek bly ook vir my ma aan die lewe, want ek weet sy sal dit nie maak as ek weg is nie.

Ek het al gedink om vir electro convulsive therapy te gaan waar dokters jou kop skok. Daar is ‘n groot stigma aan dit en dit is glad nie so ‘n drastiese ding soos wat die movies dit maak nie. Dit is blykbaar baie veiling en baie effektief en ‘n vinnige oplossing vir depressie eerder as om maande te wag vir medikasie om te werk. Ek het al opgelees daaroor en dit lyk my al negatiewe effek wat daar is, is tydelike geheueverlies (wat natuurlik nie goed sal werk met studies nie). As ek ‘n relapse het voel ek lus vir enige iets wat sal werk, enige iets om die siekte te verlig, maar op die oomblik dink ek nie electro convulsive therapy is nodig nie.

Om gym toe gaan help natuurlik ook, want dit laat die endorfiene se vlakke styg. Op die oomblik gaan ons nie gym toe nie, want ons lewenstyl laat dit nie toe nie (soos met The One se biblioteekwerk tot sewe in die aand).

Op die oomblik kom ek uit ‘n relapse uit en daar is weer lig aan die einde van die tonnel.

Written by The One

PS: Hoekom is dit baie kere dat musikale en artistiese mense aan psigiatriese siektes lei?


Post a Comment