Blog Archive

Sunday, May 31, 2009

Veranderinge en om positief te bly


31 Mei 2009 09:42

Veranderinge en om positief te bly

Tyd gaan vinnig verby. Dit weet ons almal, maar tyd gaan nog vinniger verby met veranderinge. Die laaste twee-drie maande was vol veranderinge. I het sy werk verloor en 'n ander werk gekry waarin hy baie gelukkiger is, maar hy werk baie harder. Ek het my werk gelos (deeltydse pos by die mediese bib van Tukkies) om meer te fokus daarop om beter te word en om dalk 'n werk te kry wat nie so stresvol is nie. My werk was eintlik nie stresvol nie,maar ek het dit so ervaar. Ek stres gou.

Die seisoen het ook verander. Die bome verander deur hul blare af te gooi en die reën skuil in die Kaap. Die dae is warm,maar die nagte koud. Alles word vaal en grys, maar ook mooi op 'n manier. Groen word oranje, bruin en selfs geel.

Ons het ook getrek na Lydiana toe naby Silverton. Ons plekkie is baie beter as by Riviera Close. Dis cozy en gesellig en STIL. By Riviera Close het barbare gebly en ons is nie daai soort nie. Hier is ons naby aan I se werk en bly steeds uit die besigheids area uit in 'n goeie buurt. Die sekuriteit is baie goed en ons straat het sy eie 24 uur wag wat op en af ry met sy fiets.

Ons het 'n Kat gekry en haar naam is Elizabeth. Sy is nou 11 weke oud en is dierbaar. Alfred speel bietjie rof met haar en Jeffie sit sy handskoene aan wanneer Katta met hom speel. Die honde het ook baie gegroei en is al tieners. G'n wonder hulle eet ons uit die huis uit nie. Ek kan onthou toe ek 'n tiener was. Ek het letterlik brode opgeëet met lekker botter en stroop op. Nou eet ek min, maar word steeds rond. Dis ook 'n verandering: mens se lyf verander. Ek word rond en stadig en kry maklik koud en kan honger nie meer uitstaan nie en ek vat nie meer so baie stront van kabouters nie. Ek sien die veranderinge in my familie ook. My ma word oud, Mariana en Anmarie word ma's en hulle babas groei like hell, Dirk word ook dikker en word gou moeg, Zach se gesig het verander en hy is vriendeliker. Ek dink dis ek wat hom so maak. Hy het my ook verander. Ek aanvaar myself meer en kan meer opstaan vir myself. Ek is nie meer so stingy met geld nie. Hare word op jou kop minder en kom weer uit op ander snaakse plekke soos: rug, skouers, neus (binne en buite) ore en wange.

Kos word duurder. Alles word duurder en kwaliteit kan agteruit gaan:

Dear Sparkles,

I love your sweets very much! However I was disappointed last night when I opened my weekly pack of Fruity Sparkles Fruit Salad. Ah! Not one banana! All trace of a banana sweetie was a little piece of sweet about a quarter the size it should be. It looks like it has been broken off. The wrapper of the sweetie is also in the bag, empty and squashed.

I was very disappointed as the banana sweeties are my favourite. And the little piece of banana sweetie looked yucky so I could not eat it. *Sigh*

Attached to this letter I include a photo of the yucky bit of banana sweetie as well the original packing.

Please send me two banana sweeties. One for me and one for my Lovie.

My postal address is:
---

Thank you very much.

***

Veranderinge kan goed of sleg wees. Meeste van ons afgelope veranderinge was goed. Ek suppose dit is ook maar wat mens self daarvan maak. Wees positief.

The One

0 comments: