Thursday, October 28, 2010

student van die lewe (student of life)

Ek vind dat ek ‘n knaende gevoel by my het dat ek nog niks in my lewe bereik het nie. Terwyl ek netnou sit en tob, het ‘n herhinnering in my kop opgekom. Prof Bodemer het my een keer oortuig daarvan dat ek tog nie niks bereik het nie; hoe bly is ek dat ek nou hierdie gedagte herontdek het! Ek dink daaraan dat ek al so baie dinge begin het en dan weer gelos het en daarom dink dat ek niks bereik het nie. Maar, tog nie so nie. Ek het uit elke ondervinding iets geleer: van my dae in Engeland en die crash van my Pa daarna, tot my radiografie-dae en dan dink ek weer terug aan my biblioteekwerk. Ek het soveel verskillende mense ontmoet en met soveel karakters ge-deal.

Ek sien uit daarna om alles wat ek tot op 30 jaar geleer het toe te pas en te gebruik in hierdie deur wat oop voor my staan.

Written by The One
Post a Comment